Illustration of Gereformeerde Kerk Stilbaai

Aanbidding en eredienste wat in die Skrif gewortel en op God se Woord gefokus is.

Diens Tye: 09:30

Welkom by die Gereformeerde Kerk Stilbaai

Geografiese bedienings gebied

Buiten die kusdorp waaraan die gemeente se naam ontleen is, bedien die Gereformeerde kerk Stilbaai ook die dorpe Albertinia, Heidelberg, Jongensfontein, Riversdal en Witsand.

Die Gereformeerde kerk Stilbaai is ingedeel by GKSA , se Klassis Boland, waarvan dit die vierde jongste van die 20 gemeentes in is.

Ontstaan van die gemeente

Die suidwestelike wyke van die Gereformeerde kerk Mosselbaai, het in 1985 van die Gereformeerde kerk George afgestig. Daar is aanvanklik eredienste in die rolbalsaal op Stilbaai gehou. Later is eredienste bye Palinggatoord gehou todat die Gereformeerde kerk Stilbaai in 2002 tot stand gekom het. Dit is een van agt Gereformeerde kerke wat tussen 1976 en 2006 aan die Wes-Kaapse kus gestig is.

Die gemeente het 'n erf by die NG gemeente Stilbaai gekoop en begin beplan aan ’n veeldoelige saalkerk. Die gebou is so ontwerp dat dit later tot 'n volwaardige kerkgebou ontwikkel kon word. Die argitek was André Venter en die bouaannemer was Daan Kruger, 'n lidmaat. Die opdrag aan die argitek was om die gebou by die omgewing te laat inskakel, en het dit as 'n Kaaps-Hollandse of Hugenotestyl ontwerp. As inspirasie hiervoor het 'n gebou in die Hugenotestyl op Riversdal, tesame met nog 'n gebou, as voorbeeld gedien.

Die kerkgebou is op 26 Maart 2004 voorlopig in gebruik geneem, waarna die amptelike ingebruikneming op 22 Maart 2005 plaasgevind het.

Kalender

Maand Jaar

Preke

Klank Preke
Laai Af
Video Preke